In die Kollig
Xander Roux (13) is vanjaar die hoofseun van Laerskool Môrewag. Hy woon saam sy ouers, Steve (65) en Wilma (47), en ouer boetie, Timothy (15), in Minnebron.
Jy is vanjaar die hoofseun van Laerskool Môrewag, het jy gedink jy sou die hoofleier word? Nee, ek het wel gehoop om gekies te word as ’n leier. Ek was vreeslik verbaas toe my naam uitgeroep word
Wat is jou pligte as hoofseun van die skool?
Om my mede-leerders te lei en te help in moeilike tye. Ek moet ook hulp aan die onderwysers verleen tydens alle skool geleenthede.
Watter vak is vir jou die lekkerste en waarom?
Wiskunde, dis ’n maklike vak. Ek snap dit maklik en help graag die wat daarmee sukkel.
Watter vak geniet jy die minste en hoekom?
Afrikaans, dit klink soms soos Grieks.
Beoefen jy sport by die skool?
Ja, ek doen atletiek, rugby en die jaar begin ons met sokker by die skool. Ek neem ook deel aan die hoërskool se atletiek as gevolg van Covid-19 regulasies wat by die laerskool ingestel is.
LEES OOK: Geen keer aan die bondeltjie talent
Hoe hanteer jy uitdagings en teleurstellings?
Uitdagings hanteer ek met baie moeite en selfvertroue. Met teleurstellings gaan ek terug en kyk waar my foute is en bou daarop om dit nie weer te maak nie. Môre probeer ek weer.
Wat is jou stokperdjies?
Ek geniet enige sport, veral visvang. Ek versot op anime as ek mag televisie kyk.
Het jy al besluit watter beroep jy eendag wil volg?
Ek dink ek sal in ’n wiskundigerigting studeer. Wat dit spesifiek sal behels sal ek eers later oor besluit.
Waar is jou gunsteling vakansiebestemming en hoekom?
Suidkus in KwaZulu-Natal, ons gaan gewoonlik Winkelspruit toe. Ons vang vis daar en kan ook “skim board” ry en “body surfing” doen.
Wat laat jou lekker lag?
Amper enige iets. Ek het ’n groot sin vir humor en snap alles baie vinnig. Ek loop oor die algemeen met ’n glimlag rond en kan almal lekker terg.
Wat maak jou bang?
Die onbekende, wat gaan môre bring. Covid-19 het aan ons bewys dat ons nie môre kan beplan nie, ons moet op God vertrou.
Is daar iets wat mense nie van jou weet nie?
Ek is ’n oop boek, my gesig gee my weg. As jy my ken dan sal jy alles op my gesig kan lees.
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:



