Local newsNews

Groenvingers sorg vir prag tuin

Die grootste trots in my tuin is my avokadopeerboom.

Die Tweedy Park Kompleks het nog ’n oulike tuin, wat veral met vetplante uitgelê is, opgelewer.

Die Herald het onlangs berig oor die tuin van die Vergottini-egpaar (Egpaar se tuin is ’n lus vir die oog) en versoek dat lesers met mooi tuine ons in kennis sal stel.

Peet Fourie (77) en sy vrou Lorraine (74) bly vir die afgelope 12 jaar in die Tweedy Park Kompleks. Hulle is al vir meer as 50 jaar saam.

“Ek geniet my blomme vreeslik, maar vetplante is my gunsteling.

“My hele voortuin is uitgelê met vetplante, hoofsaaklik omdat dit min water nodig het en skoon plante is,” het Peet trots vertel.

“Ek onderhou my tuin self en het baie by my pa geleer toe ek hom van ’n jong ouderdom altyd in die tuin gehelp het.

“Ek kan nou wel nie net maak soos ek wil nie, want my vrou het darem ook ’n sê.

ALSO READ: 

Arend leerder kry groen en goud

“Ek werk elke tweede dag in my tuin. Ek het ’n helper wat nou en dan kom om die bossies uit te haal, want my arms wil nie altyd meer so lekker saamwerk nie.

“My grootste trots in my tuin is my avokadopeerboom.

“Ek het dit gegroei van ’n pit af en die vorige seisoen het ons ongeveer 300 avokadopere gepluk.”

Peet se enigste raad aan iemand wat ’n avokadoboom wil plant is: “Maak seker jy gee dit gereeld water.”

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button