Local newsNews

In die Kollig

Stefni Binneman (17) is vanjaar die hoofdogter van Hoërskool Sonneveld Akademie. Sy woon saam met haar ouers Suzette (38) en Danie Binneman (60) en haar jonger broer Ruan (10) in Brakpan-sentraal.

• Wat beteken dit vir jou om hoofdogter te wees?
Dit beteken vir my geweldig baie om ’n voorbeeld vir my mede leiers en leerders van Sonneveld Akademie te kan wees. Dit plaas my in ‘n posisie om leiding te neem en die vertroue wat in my geplaas is deur my mede leerders en onderwysers ten volle uit te leef.

• Die jaar snel baie vinnig verby. Waarna sien jy nog uit en het jy al jou matriekafskeidrok beplan?
Ek sien die meeste uit om saam met my mede klasmaats die jaar op ’n hoogtepunt af te sluit en baie herinneringe saam te maak. My rok is reeds deur myself ontwerp en daar gaan binnekort met die maak daarvan begin word.

• Wat is jou planne vir jou wanneer die skooljaar tot ’n einde kom?
Na die eindeksamen gaan ek vir ’n week of twee net eers rus, matriek is nie speletjies nie. Daarna beplan ek om meer tyd aan my fotografie besigheid te spandeer (wat ek in September 2020 begin het) tot ek met my studies in 2022 begin.

ALSO READ: 

Sé ons wat jy dink

• Wat wil jy graag in die volgende vyf jaar bereik?
Graag wil ek in 2022 begin met voltydse studies in mode ontwerp, wat ’n vier jaar kursus is tot en met my BA honneurs. Daarna wil ek begin werk in die modebedryf tot ek al die nodige ondervinding opgebou het om voltyds met my eie besigheid te kan begin.

• Wat dink jy maak iemand ’n goeie leier?
Die vermoë om inisiatief te neem in ’n moeilike situasie, sonder dat iemand anders eers moet leiding bied. Jy moet jouself altyd in iemand anders se skoene kan plaas. Deur ’n voorbeeld te stel, dus amper ‘n rolmodel vir ander.

• As jy ’ vak in die skool syllabus kon bekendstel, wat sou dit wees en hoekom?
By Sonneveld Akademie bied hulle ’n groot verskeidenheid vakke aan, maar ek sal graag kuns as ’n matriek IEB vak wou gehad het. Sonneveld Akademie is in die proses en binne ’n paar jaar sal dit moontlik wees. Kuns is vir my tot voordeel met my naskoolse studies, maar gelukkig nie ‘n vereiste nie. Deur kuns kan ’n mens so baie doen en sê. Kreatiewe denke is een van ons skool se pilare en dit help ons leerders baie.

• Wat is jou heel gunsteling kos vir jou skoolkosblik?
Ek is nie baie kieskeurig nie, maar my swak plek is verseker enigiets wat spek bevat.

• Wat moet ma tog net nie vir jou in jou kosblik inpak nie?
Toebroodjie met ‘n smere soos konfyt of grondboontjiebotter en bly asseblief weg van botter af.

• As jy enige iets kon verander van skool, wat sou dit wees?
Sonneveld Akademie is vir my net reg soos dit is, ons is ’n klein privaatskool met ’n warm en omgee hart. Ek is vanaf my graad agt jaar deel van die skool en ek is bevoorreg om deel te kon wees van hul groei.

• Wat laat jou die lekkerste lag?
‘n Goeie grappie saam met ’n vriend wat ’n sin vir humor het.

• Beskryf jouself in drie woorde?
Kreatief, interessant en hardwerkend.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button