Nasionale Bedreigde Spesie-dag: Brakpanner bring sy kant
Vir die gemeenskap om ’n rol te speel is dit belangrik vir hulle om te weet wat om te doen.
Vandag (21 Mei) is Nasionale Bedreigde Spesiedag.
’n Bedreigde spesie is ’n organisme wat moontlik kan uitsterf óf omdat die bevolkingsyfers baie laag is óf omdat ’n verandering in sy habitat ’n bedreiging inhou.
Die Herald het weer gaan inloer by ’n bekende plaaslike inwoner wat op ’n daaglikse basis met bedreigde spesies werk en die bewaring van die natuur te alle tye eerste stel.
Shawn Hefer is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Wildrehabilitasiesentrum en is van mening dat dierebeskermers se grootste struikelblok is dat mense onopgevoed is as dit kom by ’n ekosisteem.
LEES OOK:
Skryf in vir die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo
“Jy kan nie net ’n dier red en hom vrylaat in ’n stukkie veld nie. Jy moet seker maak van sy natuurlike habitat. Daar is baie faktore wat ’n rol speel,” het Hefer verduidelik.
“Ek werk op ’n daaglikse basis met bedreigde spesies. Ek het onder andere te doene gehad met ’n sekretarisvoël, ’n aasvoël, gras uile en ietermagogs.
“Ek werk saam met ’n ongelooflike span wat ook help om te verseker dat dié wat onwettig met diere smokkel die prys betaal.
“In 2016 was ek betrokke by my heel eerste ietermagog redding.
“Dit het goed gevoel om ’n verskil te kon maak. Met ’n reddingsprojek moet ons geweldig vining werk.
“Ons het ’n maksimum van twee weke om die diertjie te red voordat dit sal dood gaan. Hulle organe kan nie die stres hanteer nie en hulle is ook afhanklik van baie spesifieke voedsel.”
Hy is al vir 18 jaar ’n inwoner van Dalview.
“Ek en my vrou, Angelique, werk saam en ons geniet elke oomblik.
“Ons lewe draai om ons werk. Ons het al baie etes en belangrike familie verpligtinge gemis as gevolg van ons werk, maar om ’n beseerde dier terug te kan plaas in die natuur en vir hom ’n tweede kans te gee maak dit absoluut die moeite werd.
“Vir die gemeenskap om ’n rol te speel is dit belangrik dat mense kennis dra van wat om te doen.
“Wanner jy op ’n beseerde dier afkom is dit belangrik om dit warm te hou. Moet nie vir die dier iets gee om te eet of drink nie,” het Hefer verduidelik.
Kontak dadelik iemand van die Wildrehabilitasiesentrum by 073 112 1131.
“Dis vir ons belangrik om verhoudings te bou wat lei na ’n netwerk van individue wat omgee vir diere.
“Op die manier kan ons sukses in die gemeenskap waarborg wat uiteindelik lei na die bewaring en welstand van alle diere.”
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:




