Local newsNews

Diewe steel meer as 30 hekmotors

Dit is ’n goeie idee om die hekmotors stewig met ’n steunarm aan die grond of binne die eiendom vas te anker. Daar is sedert die begin van die jaar altesaam 37 sake van hekmotordiefstal by die Brakpan SAPD aangemeld. Kol Peet van die Schyff van die Brakpan SAPD het die week aan die


Dit is ’n goeie idee om die hekmotors stewig met ’n steunarm aan die grond of binne die eiendom vas te anker.

Daar is sedert die begin van die jaar altesaam 37 sake van hekmotordiefstal by die Brakpan SAPD aangemeld.
Kol Peet van die Schyff van die Brakpan SAPD het die week aan die Herald gesê dat daar veral die afgelope paar weke ’n toename was.

Volgens Van der Schyff is diewe veral tussen 11nm en 4vm bedrywig en blyk dat Brakpan-sentraal en Brenthurst die ergste deurloop.
“Ons is besig met ’n intensiewe ondersoek na dié vorm van misdaad en is ook in besit van beeldmateriaal van sekuriteitskameras wat moontlik kan lei na die inhegtenisname van die skuldiges,” het Van der Schyff gesê.
Hy het gesê dat die diewe nie kieskeurig is nie en dat enige tipe hekmotor, nuut of oud, gesteel word.

“Dit is ’n goeie idee om die hekmotors stewig met ’n steunarm aan die grond of binne die eiendom vas te anker.
“Dit is ook wys om ’n steunarm aan die bokant van die hek aan te bring. Diewe lig maklik ’n hek van die spoor af en dié voorsorgmaatreël kan dit voorkom,” was Van der Schyff se raad.

Hy het ook gesê dat sekere sekuriteitsmaatskappye kan toesien dat die huis alarm ook aan die hekmotor gekoppel word.

“Indien daar dus met die motor gepeuter word sal ’n alarm geaktiveer word,” het Van der Schyff gesê.
Hy het ook genoem dat sekuriteitsmaatskappye en alle ander groepe wat hul beywer vir die bekamping van misdaad in kennis gestel is en gevra is om op die uitkyk te wees vir verdagte persone.
Enigiemand met inligting wat die SAPD se ondersoek kan help kan die polisiestasie kontak by 011 744 7100.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button