Local newsNews

In die Kollig

 Leer Pieter de Bruin ken

Die nuut-aangestelde skoolhoof van Hoërskool Stoffberg, Pieter de Bruin (54), is reg om die leisels oor te neem. Hy woon saam met sy vrou, Adelè (50), en dogter, Leverne (21), in Kenleaf, Brakpan.

Gee ’n kort beskrywing van jou loopbaan in die onderwys tot en met jou aanstelling as die hoof van die Hoërskool Stoffberg?

Ek het by die Hoërskool Stoffberg in 1992 aangesluit as ’n dinamiese onderwyser. Ek is in 2018 aangestel as adjunkhoof en nou is ek die hoof.

Wat sal jou onmiddellike planne vir die skool wees en wat wil jy graag bereik as skoolhoof van Hoërskool Stoffberg?

Die voordeel waarin ek staan is dat ons reeds die skool in ’n rigting kon stuur vanaf die begin van 2021. Stabiliteit, in die tydperk waarin ons nou leef, is belangrik vir ons leerders, onderwysers en gemeenskap. Ons het reeds ons netbalbane oorgedoen en die personeelkamer verbeter. Verbetering en verandering moet ’n doel hê. Ons beplan om ’n doelgerigte bydrae te lewer in ons gemeenskap en ’n blywende rol te speel in die vorming van ons leerders. Elke hoof strewe na sukses en lewer ’n bydrae in die vorm van “diens” aan sy personeel, ouers en leerders. Dit is tog die mense waaroor dit moet gaan. Leierskap is vir my belangrik en kosbaar. Ek sal graag die belangrikheid van leierskap wil bevorder onder ons jongmense; hulle is die toekoms.

 

LEES OOK: 

In die Kollig

Die nuwe pos sal sekerlik nuwe uitdagings bied. Hoe gaan jy te werk om uitdagings te hanteer?
Elke dag is ’n nuwe dag met sy eie uitdagings. Uitdagings het ’n oplossing en daarom kan ons daarna verwys as positiewe toetse wat ons kan benut as mense om te groei.

Dit vereis tyd en aandag. Waar sou ons wêreld gewees het sonder uitdagings?

Hoe sal jy jou bestuurstyl beskryf?
Dit is moeilik om net een styl te kies waarvolgens jy as mens wil of kan werk. Omstandighede bepaal die meeste van die tyd jou bestuurstyl. Gelukkig, met goeie navorsing, het die wêreld so verbeter ten opsigte van bestuurstyle.

Covid-19 het die manier van skoolgaan en skoolgee heeltemal verander. Wat het jy daaruit geleer?

In die toekoms gaan daar nog baie verwys word na Covid-19. Wat ons geleer het van Covid moet nog in boeke vasgelê word. Die impak van die pandemie gaan nog lank met ons wees. Vir my is dankbaarheid die belangrikste. Ek is dankbaar om elke dag nog die lewe ten volle te kan benut. Ons leer weer om mekaar in die oë te kyk en die pyn van die lewe te lees. Lewe volheid, want môre is nie verseker nie.

Wat is jou benadering ten opsigte van dissipline in ’n skool?
Geen opvoeding kan geskied sonder deeglike riglyne vir leerders nie. Riglyne is die basis van elke leerder se ontwikkeling. Geen vorming is moontlik as ons as opvoeders nie dissipline regverdig en konsekwent kan toepas nie.

Hoe sal die leerders jou beskryf?
Opvoeders behoort nie gewild te wees nie. Ons is daar om ’n werk te doen. Met standvastige beginsels en konsekwente en regverdige optredes weet leerders hulle het ’n kans in die lewe. Ek glo ek voldoen aan ons leerders se standaard.

Indien jy vandag ’n ander beroep moet kies, wat sal dit wees en waarom?
Motiveringspreker, die wêreld smag na positiewe mense.

Watter aspek van jou werk geniet jy die meeste?
Leierskap. Om ’n diens te lewer, om mense te help, is meer werd as ’n bank vol geld.

Wat doen jy om te ontspan en waar hou jy graag vakansie?
Gholf saam my vriende en ’n lekker braai is goud werd. Vir seker ’n vakansie in die Kaap of ten minste net naby die see saam my vrou en dogter.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button