Local newsNews

Hamburgers bly maar bobaas

28 Mei is Nasionale Hamburgerdag

Vandag (28 Mei) is Nasionale Hamburgerdag in die Verenigde State van Amerika (VSA) en watter perfekte tydsberekening, aangesien hamburgers ook in Suid-Afrika ’n familie-gunsteling is.

Die Herald het ’n paar interessante feite oor burgers opgesoek:

• Volgens ’n verslag wat deur Uber Eats gedoen is, is Suid-Afrikaners kieskeurig wanneer dit by burgers kom.
Die verslag bied insig oor die land se wegneemetes tydens die inperking.
Daarvolgens hou Suid-Afrikaaners blykbaar van ’n souserige burgers. ’n Gewilde versoek is vir ekstra sous, en ekstra warm rissiesous is bo-aan die lys van vereistes is.

Wat garnering betref is die tamatie tops wanneer dit kom by versoeke om garnering te verwyder. Dit word gevolg deur uie en agurkies.
Nog ’n interessante feit is dat pap ’n gewilde versoek raak as alternatief vir skyfies.

LEES OOK:

 Just Wheels hou Kersmark

• Suid Afrika hou ook tans die nie-amptelike rekord vir die grootste burger in die wêreld, volgens ’n artikel wat Venecia Valentine geskryf het.
Kaapstad is die nie-amptelik die tuiste van die wêreld se grootste burger.

Die restaurant, Annie’s Ladies Bar in Belville, het ’n reuse burger van 79.5kg bedien wat die huidige Guinness-wêreldrekord van 74.6 kg verpletter het.
Die massiewe burger het meer as 120 mense gevoed.

Die burger word amptelik te koop aangebied, en kos tussen R14 000 en R15 000.

• Volgens News9 verbruik Amerikaners ongeveer 50 miljard hamburgers per jaar.

• Die gemiddelde Amerikaner eet drie keer per week ’n hamburger.

• Byna 60 persent van alle broodjies wat wêreldwyd verkoop word, is eintlik hamburgers.

• Die hamburger is vermoedelik in 1900 deur Louis Lassen in New Haven, Connecticut, uitgevind.

• Een van die duurste burgers wat in die VSA beskikbaar is, word in die Fleur de Lys in Las Vegas bedien. Die FleurBurger word gemaak met Kobe-beesvleis en bedek met foie gras en swart truffels. Dit bevat ook ’n bottel Chateau Petrus uit 1990, alles vir R70 049.05.

• McDonalds verkoop elke sekonde 75 hamburgers.

• Die Big Mac is in 1968 bekendgestel en vir 49 sent verkoop.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 

 Follow us:

    

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button