Local newsNews

Skelm vrou bied werk by SAPD aan

Teen ‘n betaling van R280 ontvang die persoon glo ‘n identifiseringskaart en ‘n sleutel.

Dit het onder die aandag van die Brakpan SAPD gekom dat ‘n jong vrou besig is om, teen betaling, vir niksvermoedende mense werk by die Brakpan Polisiestasie te reël.

Volgens Kol Peet van der Schyff is die vrou tussen 25 en 30 jaar en is sy veral bedrywing in Dalview.

Sy nader glo mense en oortuig hulle dat sy personeel vir die Brakpan SAPD werf.

LEES OOK: Die `boer’ is niks anders as ‘n skelm

Teen ‘n betaling van R280 ontvang die persoon glo ‘n identifiseringskaart en ‘n sleutel.

“Ons beskou hierdie vorm van bedrog in ‘n ernstige lig en is besig met ‘n ondersoek daarna,” het van der Schyff gesê.

Hy het bygevoeg dat enigiemand wat al deur die vrou ingedoen is ‘n saak by die Brakpan Polisiestasie moet gaan aanmeld.

“Daar is geen vakante poste by die Brakpan SAPD op die oomblik nie en ‘n baie spesifieke werwingsproses word gevolg,” het van der Schyff gesê.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button