Musikant stap weg met toekenning
Ek het skaars woorde gehad toe ek hoor ek moes ‘n toespraak lewer.
Musikant Henke Vorster (53) is ’n gebore Brakpanner wat onlangs nog ‘n musiektoekenning op sy kerfstok gevoeg het.
Henke was aangenaam verras maar meer trots toe hy onlangs die toekenning vir die beste tradisionele Boeremusiek Album tydens die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings ontvang het.
“Ek fokus hoofsaaklik op jazz, country en die blues en natuurlik boeremusiek. Vir hierdie toekenning het ek ‘n Boeremusiek Album ingestuur, wat aan my die top plek in die afdeling besorg het. Ek het gedink ek staan ‘n goeie kans om die top drie te haal, maar ek het glad nie gedink ek sou wen nie,” vertel Henke.
“Dit was ‘n groot voorreg om die toekenning los te slaan. Ek het skaars woorde gehad toe ek besef dat ek ‘n paar woorde tydens die oorhandiging moes sê.”
LEES OOK:
Warm solank op vir die Just Wheels Motorskou
Henke vertel dat hy tans aan ‘n paar projekte werk.
“My volgende stap is om ‘n Latynse album te skryf. So baie musiekwinkels is besig om hul deure te sluit. Dus werk ek aan enkel stukke musiek en een goeie video vir elke jaar.”
Volgens Henke is die impak van Covid-19 op die vermaaklikheidsbedryf onbeskryflik.
“Dit is ook vreeslik hartseer. Ons was besig om te werk aan ‘n stuk musiek toe my baskitaar speler die stryd teen Covid-19 verloor het. Dit is geen maklike taak om hom te vervang nie.
“Tog geniet ek my werk ontsettend baie. Ek geniet die mense die meeste. Die passie wat sommige vir musiek het met hul gepaardgaande gesigsuitdrukkings maak elke vertoning en opoffering die moeite werd. Oor 10 jaar van nou af sal ek verseker nog in die bedryf wees.
“My plan is om oorsee te gaan en daar wil ek graag ‘n enkelsnit skryf en dit terugbring Suid Afrika toe. Ek wil graag Nashville, Portugal en Brazil besoek en musiek in daardie plekke skryf.”
En sy advies aan jong kunstenaars: “Moet nooit ophou nie. Hou net aan speel of musiek maak. Al is jy vals, hou net aan.”
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:



