Local newsNews

My seun het dwelm duiwel oorwin

 Ek het my kind verwyder uit Brakpan en kan met trots noem dat jy nou al 15 maande skoon is.

Trotse ma skryf per e-pos:
Met verwysing na die berig op die voorblad van 28 Mei (Sluipslapers is ‘n steed des aanstoots)

Ek wil net noem dat indien daar van die dwelmhandelaars met hulle sakke vol dwelms en geld ontslae geraak word, sal die sluipslapers minder word.

Ek self het al gesien hoe ‘n winkeleienaar vir mense agter in ‘n winkel dwelms gee waarna dit gebruik word.

Dan loop hulle uit met ‘n pakkie koekies of skyfies wat hulle dan kamstig daar gekoop het.

Niks word, volgens my, daaraan gedoen nie.

Ek weet ook van voorvalle waar dwelmhandelaars mense se identiteitsdokumente en motorlisensies “koop” sodat daar geld voorgeskiet kan word vir dwelmmiddels.

ALSO READ:

 Seuns hoort agter tralies

Ek het my kind verwyder uit Brakpan en kan met trots noem dat jy nou al 15 maande skoon is.

Hy self sê hy wil nooit weer terug keer na Brakpan toe nie.

Hy werk nou en sorg vir homself.

Net jammer die stigma van “dwelmslaaf” gaan hom altyd bybly en dat hy altyd daaroor veroordeel sal word.

Daar waar hy nou is, veroordeel niemand hom nie.

Hy is ‘n nugter weergawe van homself en trots dat hy die dwelm duiwel oorwin het.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button