Local newsNews

Mothers Nest reik uit na publiek

Ons kan nie toelaat dat ons finansies ons sink nie

Moeilike ekonomiese tye en die impak van Covid-19 het ‘n verpletterende uitwerking op welsynorganisasies wat die algemeen sukkel om kop bo water te hou.

Mother’s Nest in Brenthurst, wat die afgelope 30 jaar bestaan, is ‘n veilige huis vir mishandelde kinders.

Die bestuur ondervind daagliks meer en meer druk om die deure oop te hou en voort te gaan om vir die kinders ‘n veilige heenkome te skep.

Aan die hoof van die dinamiese bestuurspan is Emma Ferreira, die algemene bestuurder.

Sy word bygestaan deur Bonita Roast wat verantwoordelik is vir die finansies asook twee huismoeders en ware staatmakers, Ilze Muller en Cara Crots.

ALSO READ: 

Publiek word uitgenooi na San Michele se opedag

 

“Tans gaan dit maar moeilik maar ons kan nie toelaat dat ons finansiële posisie ons laat sink nie,” het Emma gesê.

“Ons het tans 14 kinders tussen die ouderdomme van vyf en 18 jaar en hierdie kinders is totaal afhanklik van ons,” het sy bygevoeg.

“Alles wat ‘n kind in ‘n normale huishouding kry voorsien ons. Van basiese benodighede, emosionele bystand en so gaan die lys aan.

“Ons grootste probleem tans is dat ons nie fondse het om basiese kostes soos krag en die huur te dek nie. Daar is ook ander noodsaaklikhede soos die kinders se medikasie.

“Daarom nader Mothers Nest die publiek en die sakesektor. Enige hulp in die vorm van finansiële bydraes, voedsel, toiletware, skoonmaakmiddels, en geskenkbewyse help ons om kop bo water te hou,” het Emma verduidelik.

“Ons het ‘n wonderlike borg gekry, wat vir ons rekenaars geskenk het om die kinders met hul skooltake te help maar ons kan nie Wi-Fi bekostig nie.

“Ons het gesien tydens die inperking dat take ‘n baie groot rol speel in die kinders se punte en dat dit uiters belangrik is vir hulle om navorsing te kan doen.

“Die kinders is ook net kinders, hulle wil ook graag mooi aantrek en by die mode tendense hou, daarom aanvaar ons enige tyd skenkings van klere,” het Emma gesê.

Sy het ook verduidelik dat Mothers Nest die nodige dokumentasie vir belastingdoeleindes uitreik wanneer ‘n besigheid ‘n skenking maak.

Persone wat belangstel om die huis met borgskap of ‘n skenking by te staan is ook welkom om besoek te bring aan Mothers Nest.

Belangstellendes kan vir Bonita Roast by 011 817 2668 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button