Sluipslapers is geen nuutjie
Ek wil nie dinkhoe die dorp oor 'n paar jaar van nou af gaan lyk nie.

“Hou ons dorp skoon” skryf per e-pos:
Met verwysing na die berig op die voorblad van 28 Mei (Sluipslapers is ‘n steen des aanstoots).
Die mense wat so oral in die dorp slaap is nie ‘n nuwe ding nie, dit gaan al vir jare so.
Die probleem is net dat dit al hoe erger word en niemand soek ‘n oplossing vir die probleem nie.
LEES OOK:
Sluipslapers is ’n steen des aanstoots
Dit is net ‘n tydelike oplossing om die mense se goed te vat en hulle weg te jaag maar oor ‘n paar dae is hulle weer terug.
Daar is net meer mense wat nie werk het nie en wat nie eers goedkoop blyplek kan bekostig nie.
Dit kan vir geen mens lekker wees om so in die koue te slaap nie en vir die vrouens kan dit nie baie veilig wees nie.
Ongelukkig gebruik baie van die mense drank en dwelmmiddels en wil hulle nie gehelp word nie.
Ek wil nie dink hoe die dorp oor ‘n paar jaar van nou af gaan lyk nie.



