Local newsNews

Talente in oorvloed vir dié leerder

Alhoewel skoolwerk en ander skoolaktiwiteite vir haar ’n prioriteit is, maak sy ook tyd om op modelwerk te konsentreer. Nachalee Creser, ’n leerder aan Hoërskool Die Anker, is een van die skool se veelsydigste leerders. Sy is in graad nege en glo daaraan om net haar beste te gee in elke aktiwiteit wat sy

Nachalee Creser, ’n leerder aan Hoërskool Die Anker, is een van die skool se veelsydigste leerders.
Sy is in graad nege en glo daaraan om net haar beste te gee in elke aktiwiteit wat sy aanpak.
Nachalee is in haar graad se top 10 akademiese span, waar sy die derde plek beklee met ’n gemiddeld van 87.56%.
Sy speel ook netbal vir die o-15A-span.
Op kultuurgebied vaar sy ewe goed en is sy aan die einde van 2020 aangewys as Die Anker se junior redenaar van die jaar.
Sy het dié top toekenning behaal deur onder andere die Afrikaanse en Engelse voorbereide en onvoorbereide redenaarskompetisies in haar guns te beklink.
Die talentvolle redenaar het ook voortgegaan om die onlangse interdorp ‘public speaking’ kompetisie te wen.
Sy is ook ’n gereelde deelnemer aan kunswedstryde, waar sy al by meer as een geleentheid as afdelingswenner aangewys is.
Alhoewel skoolwerk en ander skoolaktiwiteite vir haar ’n prioriteit is, maak sy ook tyd om op modelwerk te konsentreer.
“My skoolwerk kom eerste, maar ek geniet dit baie om modelwerk te doen en aan kompetisies deel te neem,” het sy gesê.
’n Onlangse hoogtepunt was toe sy aan die Mr en Miss Premier Star Supreme-kompetisie deelgeneem het.
Nachalee is aangewys as die wenner in die 13- tot 15-jaar ouderdomsgroep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button