Editor's note

Verandering van straatname onnodig

Ek glo nie daar is ’n dorp in Ekurhuleni waar al die paaie in ’n aanvaarbare toestand is nie.

Ewald Pretorius skryf per e-pos:
Met verwysing na de berig in de Herald van 28 Mei (Ekurhuleni begins renaming municipal roads).
Die R200 000 wat in die huidige begroting beskikbaar is om die proses te “kickstart” is om mense om die bos te lei.
Die verandering van die ellelange lys van straatname gaan ’n enorme bedrag geld kos. Dié R200 000 is definitief net ’n druppel in die emmer.
Dit terwyl die paaie in Ekurhuleni (en die res van die land) al hoe slegter raak.
Ek glo nie daar is ’n dorp in Ekurhuleni waar al die paaie in ’n aanvaarbare toestand is nie.
Brakpan se paaie is ’n grap. Waar daar nie slaggate is nie kan die padmerke, op soveel paaie, glad nie meer gesien word nie.
Sekerlik moet sulke probleme, wat lewensgevaarlik kan wees, prioriteit kry.
Ek kan verstaan as die straatname aanstoot gegee het, maar as ek na die lys kyk is dit nie die geval nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button