Local newsNews

Blitslyn vir kinders in nood van stapel gestuur

Kinders wat op skool geboelie word, kan ook hulp vra deur die blitslyn te gebruik. Van Loggerenberg het gesê elke tak het ’n prokureur, berader en sekuriteitspan wat reg staan.

Wat begin het as ’n projek om speelgoed en skryfbehoeftes aan kinders te voorsien, het uitgebrei na ’n netwerk waar kinders die nodige hulp en beskerming, wat hul verdien, kan kry.

Dit is danksy Danie van Loggerenberg (39), ’n gewone pa van twee wat sy hart gevolg het.

Van Loggerenberg se oorspronklike plan was om aan minderbevoorregte kinders opvoedkundige speelgoed en skryfbehoeftes te voorsien deur sy organisasie Toys for Africa, wat hy in 2010 begin het.

Nadat hy saam met skole begin werk het, het hy egter vining besef dat die belang van kinders nie altyd eerste geplaas word nie en dat die mishandeling van kinders nie vinnig genoeg onder die regte aandag gebring word nie.

LEES OOKHealth authorities urge pregnant women to get Covid-19 vaccine

Dit het hom genoop om in September 2019 ’n noodlyn vir kinders te begin. Verlede Vrydag het hy die 31ste Kinderbeskermingsblitslyn in Brakpan van stapel gestuur.

Van Loggerenberg en die Brakpan Polisiestasie werk nou hand aan hand. Sers Faith Ntuli van die Brakpan SAPD het vertel dat hulle verantwoordelik is vir 23 skole in Brakpan en dat hul oë en ore nie altyd oral kan wees nie.

“Nou met die hulp van Van Loggerenberg se span, die Brakpan GPF, onderwysers en maatskaplike werkers staan ons ’n beter kans om ’n impak te maak,” het Ntuli gesê.

Van Loggerenberg het gesê dat die Kinderwet dit duidelik stel dat dit ’n onderwyser se plig is om kindermishandeling aan te meld, maar ongelukkig word dit nie altyd gedoen nie.

“Een van die hoof redes is omdat hulle nie altyd weet hoe die proses werk nie,” het hy gesê.
Met die bekendstelling van die blitslyn kan onderwysers, ouers of kinders wat kindermishandeling wil aanmeld dit gratis doen.

“Ons bied die regte raad en verwysings aan om te verseker dat ’n saak so vining as moontlik afgehandel kan word met al die regte bewyse in plek.

“Ons wil kinders en volwassenes bystaan om kindermishandeling aan te meld en ’n stop daarteen te sit so ver ons kan,” het van Loggerenberg verduidelik.

Kinders wat op skool geboelie word, kan ook hulp vra deur die blitslyn te gebruik. Van Loggerenberg het gesê elke tak het ’n prokureur, berader en sekuriteitspan wat reg staan.

Sodra ’n oproep ontvang word, word die inligting deurgegee aan die polisie en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sal dan die nodige ondersoek behartig.

Om so ’n saak aan te meld, skakel 066 494 1349 of stuur ’n boodskap na dieselfde nommer, óf per SMS óf WhatsApp. Alternatiewelik kan ’n e-pos na report@childprotectionhotline.co.za gestuur word.

Die boodskap kan ’n boodskap bevat of net die woord “help” en is sewe dae ’n week, 24 uur elke dag beskikbaar.

By die aanmelding van ’n saak sal die blitslyn jou naam en kontakbesonderhede benodig, maar hierdie inligting sal slegs met die polisie gedeel word en nie met die beweerde misbruiker nie.

LEES OOKGet your basic will drafted for free by an attorney during National Wills Week


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button