NewsSchools

EMPD maak ’n draai by Morries

Die graad R tot graad drie leerders van Laerskool Môrewag het onlangs spesiale besoekers by die skool ontvang.

Die graad R tot graad drie leerders van Laerskool Môrewag het onlangs spesiale besoekers by die skool ontvang.

Die jonger leerders leer oor verskillende beroepe en alhoewel hul keuses meer gevorderd raak na mate die tyd aanstap, is daar altyd groot belangstelling in die polisie.

Baie van hulle wil graag in diens van die polisie wees, het Danielle Coetzer, ’n graad drie onderwyser by Morries, vertel.

“Inspekteur Adriaan Fourie en sy span van die EMPD se berede- en honde-eenhede is altyd gewillig om te help en om die kinders te wys hoe die polisie ons as ’n gemeenskap veilig hou en help,” het sy bygevoeg.

Arries haal provinsiale hengelspan

Fourie het die leerders vinnig laat tuis voel en seker gemaak dat elkeen die polisie se noodnommer ken. Hy het dit ook duidelik gemaak dat ’n kind nooit aan ’n vuurwapen mag raak nie

Saam met hom het sy spanlede gehelp om seker te maak dis nie ’n dag wat die kinders vining sal vergeet nie.

Die honde-eenheid het vir die kinders gewys hoe dwelms, vuurwapens en bomme uitgesnuffel word. Die honde het ook gewys wat hulle doen as ’n skelm probeer wegkom.

Die leerders is ook gewys en vertel waarvoor die berede-eenheid gebruik word en hoe die perde gebruik word tydens onluste.

Related Articles

Back to top button