Die Anker maak stem dik op rugbyveld
Die eerstespan se wedstryd was ’n vertoonvenster vir skolerugby.
Die Anker se rugbyspanne het onlangs na Centurion gereis om kragte op die veld te meet. Die Anker se A-spanne het teen Hoërskool Zwartkop te staan gekom, terwyl die tweedespan teen Hoërskool Centurion gespeel het.
Die o-14’s se wedstryd het gesukkel om aan die gang te kom, maar Die Anker het op die ou end hul kanse die beste gebruik. Die agsteman, Gerhard Oosthuizen, het ’n goeie wedstryd beleef en is aangewys as die speler van die wedstryd. Die Anker wen die wedstryd 10-8.
Die o-15-spanne het mekaar behoorlik die stryd aangesê. Daar was ook baie mooi drieë gedruk in die wedstryd, waarvan Die Anker se heelagter, Sean Schoeman, ook oorgeduik het.
Anker se voorspeler, Ruben Herbst, het die hele wedstryd sy hart uitgespeel en was die man van die wedstryd. Zwartkop wen 18-10.
Could you still be liable for car repairs even if you have insurance?
Die o-16’s se wedstryd was die eerste helfte gekenmerk deur baie hanteringsfoute deur beide spanne.
Die Anker het die tempo van die wedstryd in die tweede helfte versnel en Zwartkop van hul voete af gehardloop en uiteindelik die wedstryd 27-8 gewen. Die twee uitstaande Anker spelers was Daniel du Toit en Hanru Pienaar.
Die tweedespan, wat die enigste span was wat teen Centurion te staan gekom het, het ’n harde wedstryd gehad. Die Anker het effektiewe spel gelewer en genoeg gedoen om die wedstryd te wen met 17-7. Dylan Douglas was die man van die wedstryd.
Die eerstespan se wedstryd was ’n vertoonvenster vir skolerugby. Beide spanne het skitter-rugby gespeel en die telling het gedurig wipplank gery.
Waar Zwartkop in die eerste helfte die bo-toon gevoer het met fisiese en direkte rugby, het Die Anker in die tweede helfte pragdrieë gedruk.
Met een minuut op die klok was Die Anker nog met een punt voor. ’n Strafskop teen ’n Anker-skrum wat vorentoe beweeg in die laaste sekondes was oorgeskop deur Zwartkop se heelagter, wat die wedstryd in hulle guns beklink het. Die eindtelling was 28-26.
Mini-substation shortages delay infrastructure replacement in Gauteng



