Happenings
Find out what is happenings in and around your community. See guide for further details.
• 23 September
‘n Gholfdag en fondsinsameling om die lewe van Gerald van Jaarsveld te vier word op 23 September by die State Mines Country Klub aangebied. (Gerald is onlangs oorlede nadat hy in sy huis in Sherwood Gardens deur inbrekers geskiet is). Persone wat belangstel om te speel kan vir Ruan Myburgh by 062 612 8597 skakel.
• 26 September
Die Just Wheels Motorklub se opedag word op 26 September by die klubhuis wat te Kitzingerlaan 69 geleë is gehou. Die dag bied die perfekte geleentheid vir oud en jonk om ‘n genotvolle dag te beleef. Voertuie word uitgestal, vlooimark- en kosstalletjies kan besoek word en vermaak word deur die loop van die dag aangebied. Persone wat stalletjies wil bespreek kan vir Hannetjie van der Mescht by 082 263 7567 skakel.
• 10 Oktober
‘n Dames oggendtee word om 10vm by die B&O Koffiewinkel aangebied ten bate van Karlien Roets. Beperkte sitplekke is beskikbaar. Vir meer besonderhede en kaartjies kontak vir Karen Roets by 074 963 8955.



