Karlien maak goeie vordering
Vroue wat lus is vir ‘n rustige Sondagoggend saam met ‘n vriendin of twee kan solank 10 Oktober in hul dagboeke aanteken. ‘n Dames oggendtee ten bate van Karlien Roets (5) word by die B&O Koffiewinkel in Dalview aangebied.
Vroue wat lus is vir ‘n rustige Sondagoggend saam met ‘n vriendin of twee kan solank 10 Oktober in hul dagboeke aanteken.
‘n Dames oggendtee ten bate van Karlien Roets (5) word by die B&O Koffiewinkel in Dalview aangebied. Die ouers van die mooi donkerkop dogtertjie se lewens het in Augustus 2018 ‘n drastiese wending geneem toe ‘n kombuiskas op haar geval het.
Karlien het ernstige kopbeserings opgedoen en na ‘n lang tydperk in die hospitaal word sy sedertdien 24 uur per dag in haar ouerhuis versorg.
Frikkie en Karen Roets se deursettingsvermoë om net die beste mediese sorg en hulp vir hul kind te kry ken geen perke nie.
How different life stages affect homeownership
Maar hul opoffering kom met groot finansiële implikasies en uitdagings. Die ouerpaar moet maandeliks alleenlik R20 500 opdok vir die verpleegsters wat 24 uur per dag na Karlien omsien.
“Die bedrag was voorheen R19 500 maar is onlangs met R1 000 verhoog.”
Daar is ook talle ander uitgawes wat nie deur die gesin se mediese fonds gedek word nie en juis daarom word daar van tyd tot tyd ‘n fondsinsameling vir Karlien gehou.
Karen vertel dat haar kind baie goed reageer op die arbeid- en spraakterapie wat sy weekliks ontvang.
“Die terapeute werk saam en ons sien op ‘n weeklikse bases klein verbeteringe,” het Karen vertel.
“Sy het nou die dag op ‘n stoel gesit met ‘n ratel in haar hand. Haar sussie, Nadine was langs haar en ek het vir haar gesê om die speelding vir haar sussie te wys. Sy het haar handjie opgelig en weer laat sak,” het Karen vertel.
“Ons is geduldig en ons bly vertrou.”
Karen het ook verduidelik dat Karlien nou al vir etlike maande nie meer van suurstof afhanklik is nie.
“Sy is net aan die ventilator gekoppel en dit maak dit vir ons baie makliker om haar te beweeg. Ons win gedurig kennis in om na moontlikhede te kyk om haar stelselmatig van die ventilator te speen,” het Karen gesê.
Vroue wat belangstel om die damestee, wat om 10vm begin, by te woon of persone wat ‘n skenking wil maak kan vir Karen kontak by 074 963 8955.
Get your basic will drafted for free by an attorney during National Wills Week



