
Die Brakpan SAPD het gewaarsku dat die publiek nie moet val vir ‘n ou skelmstreek wat nou weer kop uitgesteek het nie.
Volgens inligting van die SAPD is daar ‘n persoon wat homself as kapt Swart voordoen.
Hy kontak die publiek en dui aan dat hy in die proses is om ‘n sekere saak teen hulle te ondersoek.
Die persoon is baie oortuigend en beskik oor sekere inligting wat sy skelmstreek geloofwaardig maak.
Hy meld dan dat die ondersoek ‘n ander wending kan neem, indien die persoon kontant aan hom oorbetaal.
“Geen lid van die SAPD mag geld van die publiek eis nie en dit is duidelik dat die persoon onwettig optree,” het ‘n woordvoerder van die Brakpan SAPD gesê.
Die publiek moet onder geen omstandighede geld oorbetaal nie.
Persone wat deur die sogenaamde kapt Swart gekontak word, word versoek om dit aan te meld deur die Brakpan Polisiestasie by 011 744 7100 te kontak.
Vroue rugbyspelers woeker op die veld



