Kolwyntjies bring hoop vir kankerpasiënte
Die skool het ongeveer R10 000 ingesamel wat aan Cupcakes of Hope 4 Kids geskenk sal word.
Duisende kolwyntjies word jaarliks vir Nasionale Kolwyntjiedag, wat vanjaar op 25 September plaasgevind het, gebak.
Welsynorganisasie Cupcakes of Hope 4 Kids span jaarliks die dag in ter bewusmaking en geldinsameling vir kinders met kanker.
Die personeel, ouers en leerders van die Sonneveld Akademie bring die afgelope paar jaar hul kant en 2021 was weer geen uitsondering nie toe honderde kolwyntjies verkoop is om ’n verskil in die lewens van kankerpasiënte te maak.
As gevolg van die pandemie het die skool vanjaar besluit om kolwyntjies op bestelling te bak en die ouers wat omsendbriewe hieroor ontvang het, het nie teleurgestel nie.
Die skool het ongeveer R10 000 ingesamel wat aan Cupcakes of Hope 4 Kids geskenk sal word.
Do obnoxious children grow up to be obnoxious adults?



