Local newsNews
Sonnies skuts hou oog op die teiken
Die leerders het deel gevorm van die Ekurhuleni Skoleskiet Unie (ESSU) en het Gauteng op 24 en 25 September verteenwoordig.
Sonneveld Akademie spog vanjaar met 37 skuts, waarvan 23 gekwalifiseer het om aan die Suid-Afrikaanse Skole Skyfskiet Kampioenskappe te gaan deelneem.
Die leerders het deel gevorm van die Ekurhuleni Skoleskiet Unie (ESSU) en het Gauteng op 24 en 25 September verteenwoordig.
Die skool beskik ook oor een van die grootste pistoolskiet-spanne in die land. Die skool het vanjaar 17 pistool-skuts en 10 van hulle het hul vernuf tydens die Suid-Afrikaanse Skole Skyfskiet Kampioenskappe op die proef gestel.
Skyfskiet vind in verskillende klasse plaas en daarvolgens word bepaal met watter tipe geweer die skut sal skiet, naamlik pistool, sporter en veer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




