Local newsNews

Die Anker skitter by rugby sewestoernooi

Twee spelers van die Anker is aangewys as spelers van die toernooi.

Hoërskool Die Anker het verlede naweek aan die Brandwag rugby sewestoernooi te Benoni deelgeneem.

Vir Die Anker se o-15-span was Branden Crous die speler van die toernooi en Duhan du Plessis vir die o-17-span.

Die o-15 uitslae was soos volg:

Die Anker klop Wesvalia (31-14), Die Anker verloor teen Garsfontein (28-5), Die Anker verloor in die kwartfinaal met een punt teen Monument 15-14. In die uitspeelwedstryd vir vyfde en sesde plek verloor Die Anker teen Ligbron (24-17).

Die uitslae van die o-17-span het so gelyk:

Die Anker klop Kempton Park (19-12), verloor teen Grey College (29-5), wen teen Oosterland (47-0), wen teen Heidelberg Volkies (24-12), verloor teen Monument in die plaat-finaal (15-12).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button