Local newsNews

Sanger leen sy troubaadjie vir matriekafskeid

Franco was baie opgewonde toe hy hoor dat Manie sy baie spesiale trou baadjie aan hom sou leen.

Franco Oosthuizen (18), ’n matrikulant aan Hoërskool Die Anker, het tydens sy skool se onlangse matriekafskeid die koppe behoorlik laat draai, danksy ’n baie unieke baadjie wat hy na die geleentheid gedra het.

Die leerder, wat vanjaar ook een van die onderhoofseuns van die skool was, se baadjie is aan hom geleen deur gewilde sanger Manie Jackson.

Jackson het dié ligte baadjie met silwer  detail gedra vir sy troue op 25 Januarie 2020 toe hy die knoop deurgehaak het met Christel Coetzee.

Franco se ma, Sanet, het vertel dat haar seun daarvan hou om uniek te wees en dat hy nog nooit ’n kind was wat gevolg het nie, maar eerder die leiding neem. Hy was weens hiérdie eienskap ook die hoofseun van Laerskool Brakpan-Oos.

“My leuse in die lewe is born to stand out, not born to fit in,” het Franco vertel.

Volgens Sanet kommunikeer sy en Jackson se vrou, Christel, al ’n geruime tyd via WhatsApp.

“Franco het die idee gekry om vir Manie te nader oor die moontlikheid om een van sy baadjies te leen vir sy matriekafskeid,” het Sanet vertel.

Franco het vertel: “Ek hou daarvan om mooi aan te trek en Manie se uitrustings beïndruk my. Ek is ook ’n groot aanhanger van sy musiek.”

Franco was oorstelp van verbasing en opgewondenheid toe hy hoor dat Manie sy spesiale troubaadjie aan hom sou leen.

Sanet het vertel dat hulle die uiters deftige en unieke baadjie self by Manie se huis gaan haal het.

“Manie het Franco heeltemal vertrou met sy baadjie en laggenderwys gesê dat hy tog net nie rooiwyn op die baadjie moet mors nie,” het Sanet vertel.

“Ons het nog die kledingstuk, want Manie is op die stadium op toer, en ons sal dit terug besorg sodra hy van sy toer af terug gekeer het.”

Franco het ook seker gemaak dat hy en sy metgesel, Kylie Muller, ook ’n leerder van Die Anker, in styl opgedaag het by die afskeid.

Hy het ’n passie vir veteraanvoertuie en het in ’n Volvo wat aan hom geleen is deur Alda en Hersel Pepler by die matriekafskeid opgedaag.


ALSO READ: What’s for dinner? Mushroom and mince Bobotie


Met ’n onvergeetlike aand wat verby is sal Franco vir nou eers agter die boeke inskuif om sy eindeksamen te voltooi. Daarna gaan hy onderwys studeer.

“Ek wil graag ’n hoërskool onderwyser word,” het Franco gesê.

Sanet het gesê: “Met sy liefde vir kinders, sy vermoë om leiding te neem en die feit dat hy ook ’n Valke Rugby skeidsregter is, sal hy beslis ’n aanwins vir die onderwys wees.”


ALSO READ: Deep clean your fridge for optimum performance


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button