Local newsNews

Anker atlete presteer by Elardus Erasmus byeenkoms

Dit was die Anker se laaste byeenkoms vir die jaar.

Hoërskool Die Anker se top 20 atlete het verlede naweek deelgeneem aan die Elardus Erasmus byeenkoms te Naboomspruit.

Nantus Joubert (o-17) het die trofee gedeel met ’n mede-atleet as die beste gewigstoot atleet van die byeenkoms.

Hy het sy persoonlike beste afstand van 19.61m gestoot. Daar was ook drie podium plekke verwerf deur Anker atlete.

Theodore Vermaak het ’n eerste plek in die 400m vir o-17 behaal, Nantus Joubert het ’n tweede plek in die gewigstoot item vir seuns o-17 behaal en Ettienne Smit het ’n derde plek in die spiesgooi vir seuns o-15 losgeslaan.

Die Anker het ook met ses atlete gespog wat meer as 800 punte op die ASA tabel verwerf het.

Hulle is Nantus Joubert (1 000 punte vir gewigstoot asook 850 punte vir skyfwerp), Theodore Vermaak (845 punte vir die 400m), Krize Joubert (840 punte vir gewigstoot), Damien Muller (825 punte vir die110m hekkies) en Armand Olivier (801 punte vir gewigstoot).

Die Anker het algeheel 21ste geëindig uit 36 skole. Die seuns het ’n 16de plek behaal en die meisies ’n 26ste plek.
Met hierdie byeenkoms het Die Anker ook sy deelname aan byeenkomste afgesluit vir die jaar.


ALSO READ: 

Sanger leen sy troubaadjie vir matriekafskeid

ALSO READ: 

Suspected zama zamas nabbed with explosives in Brakpan North

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button