Local newsNews

Diereliefhebber vier 40ste verjaarsdag by DBV

Die werk wat die DBV verrig is onskatbaar.

‘n Inwoner van Brenthurst, Meliny van der Merwe, het Saterdag haar 40ste verjaarsdag op ‘n unieke wyse gevier.
Haar groot liefde vir diere was een van die redes waarom sy en haar gesin die oggend by die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) deurgebring het.

In plaas daarvan dat haar vriende en kennisse vir haar geskenke vir haar verjaarsdag (Woensdag 17 November) sou gee het sy versoek dat almal eerder ‘n donasie van dierekos of komberse aan die DBV maak.

“Diere lê my baie na aan die hart omdat hulle nie vir hulself kan praat nie. Die werk wat die DBV verrig is onskatbaar,” het Meliny gesê.

“Ek het ook met ‘n wonderwerk deur die Here se genade Covid oorleef en is baie dankbaar dat ek my verjaarsdag saam met my geliefdes kon vier,” het sy bygevoeg.

Meliny en haar man Jacobus (42) en seun Melcolm (14) het Saterdagoggend reggestaan by die DBV om vir vriende en familie, wat skenkings gaan aflaai het, ‘n lekker worsrol in die hand te stop.

“Ons het in totaal 15 x 25kg en 6 x 8kg sakke hondekos asook kat- en blikkieskos bymekaar gemaak. Daar was ook ‘n aanneming. Dit was werklik ‘n aangename oggend,” het sy gesê.

Meliny het dit duidelik gestel dat sy die verjaarsdag-projek aangepak het uit haar passie vir diere en glad nie vir erkenning nie.

“My doelwit was eintlik net om bewusmaking te skep vir die wonderlike werk wat die DBV daagliks verrig,” het sy gesê.


ALSO READ: 

Black Friday without the Monday money blues


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button