
Sukkel om kop bo water te hou skryf per e-pos:
Ek bedryf ‘n klein besigheid van my huis af. Dit behels dat ek vir ander mense bak, bietjie spysenering doen en ek voorsien ook etes.
Ek doen dit nie omdat ek graag wil nie maar ek doen dit omdat ek moet. My man is medies ongeskik verklaar en ek moet werk om ons inkomste aan te vul.
Ek werk op vooruit bestellings en doen my beplanning. Dan kom beurtkrag en voeter alles op. Mense verstaan nie as ek vir hulle sê dat hulle goed nie op tyd gaan wees nie.
LEES OOK: Sanger ontvang erkenning vir sy werk
Ons kan nie werklik ‘n kragopwekker bekostig nie en my seun sê dat dit ook nie met my stoof sal werk nie.
Die winter is hier en daar word baie beurtkrag voorspel. Daar is seker nog baie mense wat in dieselfde bootjie is.
Dit is hoog tyd dat die mense by Eskom wat nie hulle werk kan doen nie afgedank word. So kan ons nie aangaan nie.
Die beste van alles is dat ons nog vrek duur vir ons krag (wanneer ons dit het) moet betaal.
LEES OOK:
Bokkie Park livestock temporarily relocated due to wet weather conditions



