Local newsNews

Jong sangeres het groot drome

"Ek beplan om nou erinstig aan my musiekloopbaan aandag te gee."

Die 20-jarige sangeres Kayla Borman hou haar kop omhoog nadat haar reis op Die Kontrak tot ‘n einde gekom het.

Kayla het in 2020 vir Die Kontrak 2 ingeskryf en was deur Demi Lee Moore as mentor aanvaar.

Die program was kortgeknip deur die inperkingsregulasies en het vanjaar weer afgeskop waar hulle destyds opgehou het.

Kayla het vanjaar deurgedring tot die top 26 finaliste en was op 21 Mei deel van Die Groot Jol wat by Weiveld in Pretoria plaasgevind het.


LEES OOK: Brakpan SPCA AGM scheduled for next month


Hier is sy ongelukkig nie gekies om deel van die top 16 te wees nie. “Ek was teleurgesteld toe my naam nie genoem was nie, maar steeds was ek baie opgewonde en bly vir die finaliste wat wel deur gegaan het,” het Kayla gesê.

“Ek het van kleintyd af al saam met my ma, Bernice Borman, gesing en opgetree. Ek is in ‘n musikale gesin in gebore,” vertel sy.

Haar ma is ‘n gospel sanger, haar pa speel kitaar en haar jonger sussie is doenig met dromme.

“Dit is nie net ons passie nie, maar ons leefstyl,” het sy bygevoeg.


LEES OOK: Robbers hold man and son at gunpoint in home


Sy kan boonop nog instrumente soos kitaar en klavier ook speel.

“My pa het my geleer om kitaar te speel toe ek ses jaar oud was en ek het klavier self leer speel.”

Sy het in Dalpark groot geword en woon steeds daar saam met haar ouers.

In 2020 was sy hoofdogter van die Hoërskool Stoffberg waar sy hokkie as sport beoefen het. Sy verlang glo na haar skooldae en beskou die mense daar as ‘n familie.

Kayla werk tans ‘n assistent onderwyser by Laerskool Selectionpark en studeer onderwys. Sy beskryf haarself as ‘n ekstrovert.


LEES OOK: Outreach team helps animals in informal settlement


“Ek is mal oor mense en om met mense te werk.”

Kayla vertel dat sy aanvanklik vir Die Kontrak ingeskryf het om haar loopbaan as musikant af te skop.

“Dit was dalk net nie die regte tyd vir my nie, ek vertrou op die Here vir Sy wil vir my lewe,” het sy aan die Herald gesê.

Sy beplan om oor die volgende paar jaar op haar sangloopbaan fokus.

“Ek wil vir myself doelwitte stel en groei in die kunstenaar wat ek graag wil wees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button