Local newsNews

Tutela bring verligting aan armes

Mense het weggestap met kos, warm klere, ‘n kombers en ‘n basiese kospakkie.

Meer as 150 minderbevoorregte persone het Saterdagoggend ‘n lang ry gevorm voor die perseel van Tutela Gesinsorg.

Die mense, wat bejaardes en kinders ingesluit het, is geïdentifiseer om op die oggend skenkings van Tutela te ontvang.

‘n Groot groep vrywilligers asook personeel van Tutela het onder andere komberse, warm klere, skoene, en kospakkies uitgedeel.

Vir die kinders was daar ook speelgoed en elke persoon het ook weggestap met ‘n warm wegneemete.


LEES OOK: Tee off for Cansa


“Ons werk al ’n ruk lank aan die projek en danksy skenkings wat ons van die publiek ontvang het was dit vir ons moontlik om die groot groep mense te kon help,” het Mona Loubser van Tutela verduidelik.

“Die nood is baie groot daar buite en uit die aard van die saak is die koue winter maande baie moeiliker vir die mense wat met min oor die weg moet kom,” het sy gesê.

Vriendelike vrywilligers, wat selfs kinders ingesluit het, het gesorg dat niemand die perseel met kaal hande verlaat nie.

Jackie Jansen van Rensburg (58) was een v an die mense wat ‘n skenking ontvang het en gesê het dat dit oneindig baie vir haar beteken.


LEES OOK: Sassa beneficiaries warned of scammers


“Die Here voorsien in ons behoeftes en hy bring mense soos die oor ons pad om ons te help. Ek is bitter dankbaar,” het sy gesê.

‘n 64-jarige man wat gevra het om anoniem te bly het geduldig sy beurt afgewag in die koue winterson. Hy het aan die Herald gesê dat hy snags op ‘n sypaadjie slaap en dat dit bitter koud is.

Hy het ook aangedui dat hy baie lanklaas geëet het en dat hy nie kon wag vir iets om te eet nie.

“Die lewe is hard daar buite. Die lewe het my plat gedruk en ek sal nie weer kan opstaan nie. Hierdie mense en die ander in die dorp wat ons help is ons enigste hoop,” het die man gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button