News

In die kollig

Die 16-jarige Thristan Smith is tans die jongste lid van die Brakpan GPF.

Die 16-jarige Thristan Smith is tans die jongste lid van die Brakpan GPF. Sy is woonagtig in Brenthurst saam met haar ouma Sylvia Wentzel (66).

Hoe voel jy daaroor om tans die jongste lid van die Brakpan GPF te wees?
Dit is groot eer om die jongste lid te wees want ek leer by die beste.

Hoe lank is jy al by die GPF betrokke?
Ek is al vir ‘n geruime tyd by die CPF betrokke maar het drie jaar gelede offisieël aangesluit toe ek my vingerafdrukke laat doen en my radio opleiding voltooi het.

Wat het jou laat besluit om betrokke te raak?
Ek was saam met ons huisgesin van jongs af betrokke. My nefies was patrolleerders terwyl hulle nog in Brakpan woonagtig was en my ouma is nog steeds ‘n baie aktiewe lid. Dit het my laat besluit om ook aan te sluit en betrokke te wees.

Wat behels jou take as ‘n jong lid van die GPF?
Wees betrokke want daar is altyd iemand in nood. Dit is wonderlik om betrokke te wees by projekte soos Kersfees partytjies en winterprojekte vir ons plaaslike kinderhuise, wat my baie na aan die hart lê. Ons het ook somtyds pret saam met die SAPS en brandweer soos toe ons die Jerusalema dans uitdaging gedoen het.

Waarom is dit belangrik dat daar ‘n goed funksionerende GPF in die dorp is?
Daar is altyd nood of iemand wat bystand nodig het. Ons GPF lede is altyd bereid om te help en daar is niks so wonderlik as om ‘n vriendelike stem te hoor as jy nood is nie.

Het jy ‘n stokperdjie?
Ek lees graag en het op ‘n baie jong ouderdom besef dat dit ‘n mens se kennis bevorder. Om te teken is ook ‘n groot liefde van my.

In watter hoërskool en graad is jy tans?
Ek is tans ‘n graad 11 leerder aan die Hoërskool Stoffberg.

Hoe sou jy jouself beskryf?
Ek is ‘n groot diereliefhebber en hou ook daarvan om te kook.

Het jy al besluit watter beroep jy eendag wil volg?
Ek wil baie graag ‘n argitek word en een van my vakke is tegniese tekeninge. My tweede opsie is onderwys.

Sou jy jouself as ‘n goeie mens beskou en hoekom?
Ja, ek sou myself beskryf as ‘n goeie mens want ek sien net altyd die goeie in mense raak en help graag waar ek kan. Ek kan ook op my regte staan en myself verdedig indien nodig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button