Vrywilligers rol weer moue op
Brenthurst sal Saterdag deur vrywilligers skoon gemaak word.
Nog ‘n skoonmaakprojek skop môreoggend (10 September) om 08:00 in Brenthurst af. Die strate en parke van Brenthurst gaan getakel word om sodoende die area skoner te kry.
Dié projek word deur die Saamstaan Groep van stapel gestuur.
Die organiseerders het ‘n beroep gedoen op die publiek om hand by te sit en op te daag met harke, vurke, grawe en swartsakke. Indien moontlik sal grasmasjiene en randsnyers ook help.
Diegene wat kan hand bysit met bakkies en sleepwaens, om die rommel weg te ry, se hulp sal ook waardeer word.
LEES OOK: How potholes are repaired and why they exist
“Ons het beslis ‘n verskil gemaak met ons eerste skoonmaak sessie en ons wil graag daarop voortbou,” het Eddie Rusch gesê.
Belangstellendes kan van 07:30 by die park, op die hoek van Thomas- en Duncanstraat, bymekaar kom.
Daar sal om 13:00 worsrolle en koeldrank aan die hardwerkende skoonmakers verskaf word.
Vrywilligers wat graag ‘n hand wil bysit word versoek om vooraf vir Eddie Rusch by 072 406 6286 te kontak.
LEES OOK: Support the Red Cross food and clothing drive



