Hartaanval eis berader
Vriende en familie het Sondag van hom afskeid geneem in Babsfontein.
‘n Bekende berader en pastoor van die dorp, Pierre Venter is onlangs op 41-jarige ouderdom aan ‘n hartaanval oorlede.
Pierre het in 1998 aan die Hoër Tegniese Skool, Brakpan (Hoërskool Die Anker) gematrikuleer.
Hy was getroud met Tanja en die egpaar het drie kinders, Mianke (11), Reinhardt (8) en Edrich (2).
Hy was vanaf 1999 tot 2008 jeugleier van die AGS Kerk, Betesda Gemeente en was steeds aktief in die berading onder andere ook by Hoërskool Die Anker.
Pierre het ook in verskeie Afrika lande sendingswerk gedoen.
Volgens ‘n familielid was Pierre se motto in die lewe “Make plans like you will live forever, but live like you will die today.”
Vriende en familie het Sondag van hom afskeid geneem vanuit die Hartsion Gemeente, Babsfontein.
ALSO READ:



