Local newsNews

Rooi Kruis benodig voedsel en klere

Persone wat op Saterdag 24 September skenkings gaan aflaai, sal ’n boereworsrol ontvang.

Die Brakpan Rooi Kruis het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen vir hulp om die behoeftige mense van die dorp te help.

Die Rooi Kruis en Pam Golding Eiendomme, Brakpan, het saamgespan om vanaf 19 tot 24 September klere en nie-bederfbare voedsel soos blikkieskos, mieliemeel en pasta in te samel.

Gedurende hierdie tyd kan skenkings na die Pam Golding kantoor in Craigholmstraat 4, Dalview (skuins oorkant VC Super Spar) geneem word.

Persone wat op Saterdag 24 September skenkings gaan aflaai, sal ’n boereworsrol ontvang.

Skenkings van kos en klere is ook altyd welkom by die Rooi Kruis, wat te Derbylaan 7 geleë is.



ALSO READ: Support the Red Cross food and clothing drive

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button