Local newsNews

Kinders se sorge vir ‘n dag vergete

Ongeveer 70 kinders het 'n beurt gehad om in 'n vliegtuig of helikopter te vlieg.

Opgewonde kinders van verskeie kinderhuise van die dorp het Sondag ‘n onvergeetlike bederfdag geniet en het onder andere ook die geleentheid gekry om ‘n vliegtuig- of helikopterrit mee te maak.

Hierdie selfde inisiatief het vir die eerste keer in 2019 plaasgevind nadat Steve Rademeyer, eienaar van Benn’s Apteek, die Just Wheels Motorklub genader het om die bederfdag te laat bewaarheid.

Die Covid-19 pandemie het veroorsaak dat die inisiatief nie weer kon plaasvind nie maar vanjaar is daar weer vele kinderharte verbly.

Sondagoggend het ongeveer 70 baie opgewonde kinders by die motorklub bymekaar gekom.


LEES OOK: New Beginnings Church opens their doors


Die kinders is van daar in voertuie, wat aan lede van die klub behoort, na die Brakpan vliegveld vervoer. Talle van die voertuie is veteraanmotors.

“Dit is reeds vir die kinders ‘n belewenis om in die ou motors te ry en dit is vir ons lekker om hulle bietjie op te hef,” het ‘n emosionele Rademeyer gesê.

Hy het aan die Herald vertel dat dit vanjaar Benn’s Apteek se 83ste bestaansjaar is en dat hy op dié manier terug te ploeg in die gemeenskap van Brakpan.

Kinders van Huis Talita, Huis Jabez, Little Angels, Mothers Nest, Psalm 91 Soul Recovery, Brakpan vir Brakpan asook van die Just Wheels Klub het is geïdentifiseer om die genotvolle dag te beleef.


LEES OOK: Load shedding causes water supply interruptions


“Dit is waarskynlik sommige van die kinders se eerste en laaste keer wat hulle in ‘n vliegtuig sal klim,” het Bart Zaayman van Just Wheels Motorklub gesê.

Die kinders het ook ‘n heerlike ontbyt genuttig en T-hemde ontvang.

Daar is ook lekkergoed aan elke tehuis gegee. Rademeyer het verskeie borge wat die dag moontlik gemaak het bedank.

“Die sou nie moontlik gewees het sonder Benn’s Apteek, Just Wheels Motorklub, Chako Paneelkloppers, Just in Branding en Diplomat Distributers wat as borge gedien het nie,” het hy gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button