Local newsNews

Perderuiter ontvang binnekort internasionale afrigting

Dié gesin vertrek in Desembermaand na Abu Dhabi vir Leandi se internationale afrigting.

‘n 15-jarige perderuiter vertrek binnekort na Abu Dhabi om internasionale afrigting te geniet.

Leandi Oelofse het reeds in 2016 op die ouderdom van nege jaar met perdry begin.

Haar eerste liefde was glo gimnastiek maar vandat sy vir die eerste keer op ‘n perd geklim het, wou sy nie weer afklim nie.

“Ek was nog altyd lief vir diere en wou altyd perd ry. By enige fees of skou was ek heel eerste op die ponieritte,” het Leandi vertel.

Sy beskou perdry as haar hele lewe. Haar ouma en oupa, Cas en Rita het haar glo destyds vir haar eerste perdryles gevat en net daar en dan het sy haar hart op dié sport verloor.


ALSO READ: Valke eye home semi


Leandi is tans die trotse eienaar van twee perde, China Express en Arcanto.

China Express is glo die boetie van die Do It Again perd wat in 2018 en 2019 die Durban July gewen het.

Sy neem huidig meer deel met Arcanto omdat China nog onervare is.

Alhoewel die Oelofse gesin in Sunwardpark woon, is Leandi in Sonneveld Akademie en sy oefen vier keer per week by die Arion Equestrain Stelle hier in Brakpan.

Sy word al vir die afgelope vyf jaar deur Mikayla Richardson afgerig.

“Perdry gee my die geleentheid om weg te breek van die alledaagse probleme en is vir my baie ontspannend. Ek kan enige iets met my perde deel.”

Vroeër vanjaar in Maart het Leandi en Arcanto aan die Hollard Easter Show deelgeneem waar hulle ‘n tweede plek in Kyalami behaal het.

Hulle het in Junie aan die Western Shoppe Gauteng Championships deelgeneem en hier 21ste plek behaal.

Op 11 September het die twee aan die Arion Equestrian Graded Show deelgeneem en ‘n uitstekende eerste plek behaal.

In die South African National Equestrian Sport Association (SANESA) skole sport neem Leandi deel aan verskeie dissiplines insluitend showjumping, dressage, working hunter, working rider, equitation en handy hunter.

By die onlangse Ekurhuleni SANESA sporttoekennings ontvang Leandi haar distrik kleure.


ALSO READ: Verval van biblioteek gebou is ‘n skande


Sy ontvang ook die eerste plek trofee vir hoërskool ruiters in kategorie een en Sonneveld Akademie word aangewys as die top skool vir kategorie een ruiters.

Leandi het ook ‘n algehele vierde plek trofee in die top 10 ruiters vir Ekurhuleni distrik ontvang. Hierdie trofee is vir die mees veelsydigste ruiters in verskeie klasse en afdelings.

“Sy is ‘n kind wat van dag een af haar toewyding en uithouvermoë aan ons bewys het,” het haar ma Sonja gesê.

Sonja beweer dat Leandi nie net in haar perdry presteer nie maar ook akademies, in sport en op kuns en kultuur vlak.

“Ons is dankbaar vir die talente wat sy ontvang het en ons sal haar ondersteun om dit te ontgin.”


ALSO READ: This is how you can avoid being scammed for gift cards


Leandi en Arcanto gaan ook vanaf 10 tot 16 Desember aan die Sout African Youth Championships in KwaZulu-Natal deelneem. Sy is ook onlangs genooi om spesiale afrigting deur die alombekende Ali Al Ameri van Abu Dhabi te ontvang.

Dié wêreld bekende afrigter het onder andere Disney se Young Black Stallion en al verskeie Olimpiese atlete se perde afgerig.

Die gesin vertrek in Desembermaand na Abu Dhabi en sal eers die 14de Januarie terug keer na Suid-Afrika. ‘n Groot droom van haar is om internasionaal deel te neem.

Sy het reeds ‘n vyf jaar plan vir haarself uitwerk waar sy volgende jaar reeds met haar perdry (equestrian) studies wil begin sodat sy reeds in 2024 kan kwalifiseer om internasionaal deel te neem.

Sy hoop om op 18 jarige ouderdom aan die volwasse derby deel te neem en haar grootste droom is om eendag vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button