Local newsNews

Ankers steun projek vir bejaardes

Leerders van Hoërskool Die Anker het onlangs nie geskroom om saam te staan en ‘n projek van Solidariteit Helpende Hand te ondersteun nie.

Leerders van Hoërskool Die Anker het onlangs nie geskroom om saam te staan en ‘n projek van Solidariteit Helpende Hand te ondersteun nie.

Die projek behels die insameling van sjokolade, wat gedurende Kersfees aan bejaarde inwoners geskenk sal word.

Die skool het te hore gekom van die projek waarby 80g stafies sjokolade of 200g pakkies Whispers geskenk kan word.

Binne ‘n japtrap is ‘n allemintige 1005 sjokolade stafies/Whispers deur die leerders geskenk.

Martie de Villiers, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Springs-tak het die lekkergoed by die skool gaan afhaal.

“Ek het baie groot waardering vir elke leerder wat ‘n bydrae gemaak het. Die skenking is ‘n welkome hupstoot om soveel moontlik bejaarde inwoners van ‘n klein bederfie oor Kersfees te voorsien,” het Martie gesê.



ALSO READ: Egpaar vier 55ste huweliksherdenking

ALSO READ: Nuwe adjunkhoof vir Hoërskool Die Anker

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button