Twee duiweklubs van die dorp het die jaar op ‘n hoë noot afgesluit met prysuitdelings wat onlangs plaasgevind het.
Die jaarlikse prysuitdeling van die Brakpan OERF Duiweklub het op 12 November plaasgevind.
Team New Vision is die klubkampioen met 27 klub wenne, vyf OERF wenne, vier OERF gekombineerde wenne, een
“Legend Combine” wen, en ‘n silwer OERF federasie medalje vir die jaar-oud middelpad wedvlug. Die span het ook tweede plek in die Gauteng Combine verwerf.
BFL lofts het ook goed presteer met 21 klub wenne, vier OERF federasie wenne, en drie OERF Combine wenne.
Saterdagaand (3 Desember) het die GPU Duiweklub se lede bymekaar gekom vir die klub se prysuitdeling.
LEES OOK: Publiek ondersteun baba se ouers
Die klubkampioen is Cyril Jasper, gevolg deur Johan van Staden en Candy Lofts.
Die single bird kampioen in die jong duif afdeling is David Pretorius gevolg deur Cyril Jasper en Johan van Staden.
Die beste duif in die ou duif reeks behoort aan Cyril Jasper en het 14 plekke gevlieg. Die beste duif in die jong duif reeks behoort aan David Pretorius en het 10 plekke gevlieg.
In die ou duif reeks het Cyril Jasper sewe resies gewen, Johan van Staden 12, Candy Lofts een, Lukas Pieterse twee en Tewis Beukes een.
In die jong duif reeks het David Pretorius drie resies gewen, Cyril Jasper vier, Johan van Staden een, Candy Lofts en Gavin Loyd twee, en Lukas Pieterse een.
LEES OOK: Liefdadigheidsbal was ‘n fees vir almal










