Skryf nou in vir die Oos-Rand Kunstefees
Deelnemers kan in sang, dans, drama, redenaars en modelwerk meeding.
Persone wat nog wil inskryf vir vanjaar se Oos-Rand Kunstefees, met die tema Vertel jou Storie, het tot 5 April tyd om dit te doen.
Die kunstefees onder leiding van Talita Lombard was in die verlede ‘n groot sukses met bekende en bekwame beoordelaars wat die verskillende kategorieë beoordeel.
Deelnemers kan in sang, dans, drama, redenaars en modelwerk meeding. Die redenaars sal in een dag afgehandel word waarna die wenners aangewys sal word
“Vir die sang-, dans-, modelwerk en drama-afdelings is daar uitdun rondtes waar deelnemers gaan deelneem,” het Lombard verduidelik.
“Aan die einde van die uitdunne het ons ‘n kontrole span van ‘n ouditeursfirma wat dan die punte verwerk en in elke kategorie is daar dan finaliste wat op Facebook aangekondig sal word.
“Hierdie finaliste tree dan weer by die finale op wanneer die wenners van die Oos-Rand Kunstefees aangekondig sal word,” het Lombard gesê.
Die beoordelaars tydens die uitdun rondtes is: Vir sang is dit Sharoney, ‘n sanger wat aan die Oos-Rand groot geword het.
Vir dans is dit die aktrise Liezel van der Merwe wat ook haar eie dansskool in Pretoria het.
Vir die modelwerk afdeling is dit Charné van Eeden van Kempton Park en Christian de Jager, wat ‘n vryskut akteur en radio omroeper is.
Die beoordelaar vir drama en redenaars is Anserie Badenhorst wat haar eie drama- en redenaarskool in Kempton Park het.
ALSO READ: Twee leerders sluit aan by Laerskool Brakpan-Oos se leerlingraad
“Met ons finale het ons twee sessies, naamlik vir kleuterskole en laerskole asook vir hoërskole en volwassenes,” het Lombard verduidelik.
Die finale vind plaas in die vorm van ‘n konsert, waartydens Ruan Josh as de seremoniemeester sal optree.
Die beoordelaars vir die finale rondte in die sang-, drama-, dans- en modelwerk-afdelings is Nadia Beukes van Boer Soek ’n Vrou faam en Marlee van der Merwe van Getroud met Rugby en ook Pretville.
Vir modelwerk is dit Bianca Birnie (Mrs Glamour Africa 2017) en Charné van Eeden, wat onlangs gekroon is as Queen of the World 2023.
Die ouderdomsgroepe waarvoor ingeskryf kan word is: voorskools tot Graad Drie, Graad Vier tot Sewe, hoërskool en volwassenes.
Belangstellendes kan ’n Whatsapp stuur aan Talita Lombard by 084 517 2882 of stuur ‘n e-pos na oosrandkunstefees@gmail.com





