Local newsNews

Stoffies se netbal- en hokkiespelers verskerp spel

Die oefenkliniek vind jaarliks by die skool plaas en die leerders vind groot baat daarby.

Die Hoërskool Stoffberg het Maandag en Dinsdag hul derde jaarlikse hokkie- en netbal kliniek gehou, met afrigters van Sports Gwaanz.

Hierdie afrigters is ervare provinsiale- en Springbokspelers, onder leiding van Owen Mvimbi.

Hulle het die spelers nuwe tegnieke geleer, sowel as oefeninge laat doen om hul vaardighede en fiksheid te verbeter.

Die kliniek het op Stoffberg se netbalbane en hokkievelde plaasgevind, waar spanne uitdagings en speletjies tussen oefeninge deur gedoen het om hul tegniek te verbeter.

Die verloorders van die uitdagings en speletjies moes ekstra oefening soos opstote en “burpees” doen as hul straf.


LEES OOK: Wicket Masters dominate in T20

LEES OOK: Young side set for opener




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button