Local newsNews

Die Anker gee erkenning aan top atlete

Die Anker spog die jaar met 40 atlete wat gekwalifiseer het vir die Gauteng Kampioenskappe.

Hoërskool Die Anker het onlangs, tydens ‘n Bravo-aand, erkenning gegee aan die skool se top atlete vir 2023.

Tydens die geleentheid was daar toekennings in die volgende kategorieë:

• Elke atleet wat deelgeneem het aan die seëvierende Super Interhoër-span.

• Medaljewenners by die Super Interhoër.

• Atlete wat gekwalifiseer het om aan Gauteng Kampioenskappe deel te neem.

• Atlete wat gekwalifiseer het om aan SA Kampioenskappe deel te neem.

Die Anker spog die jaar met 40 atlete wat gekwalifiseer het vir die Gauteng Kampioenskappe en drie atlete wat in April aan die SA’s gaan deelneem.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button