
• 29 April
‘n Boeremark word by die Garden & Pet Centre te Rand Collieriesweg 148 aangebied. Verskeie stalletjies, vermaak asook speelarea vir die kinders. Vir meer inligting skakel 011 740 0700.
• 30 April
Die Just Wheels Motorklub se opedag word by die klubhuis te Kitzingerlaan 168 aangebied. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sal ook op die dag teenwoordig wees vir persone wat bloed wil skenk. Benewens ‘n groot uistalling van voertuie sal besoekers ook ’n magdom stalletjies kan besoek. Eet- en drinkgoed sal beskikbaar wees. Die toegang is gratis.
• 5 Mei
Die NH Kerk, Brakpan-Oos Gemeente op die hoek van Lappingstraat en Boundaryweg hou ‘n feesmark vanaf 16:00. Heerlike drink- en eetgoed sal te koop wees en musiek sal verskaf word. Persone kan vooraf etes bestel maar dit is nie ‘n vereiste nie. Daar sal ook ‘n tweedehandse klereverkoping vanaf 14:00 wees. Diegene wat stalletjies wil bespreek of kos bestel kan vir Alta Rudolph by 083 396 7591 kontak.
• 6 Mei
‘n Oggend van musikale verkwikking vind in die Eric Holdtmansaal by die Tweedy Park Kompleks vanaf 11:00 plaas. Die bekende gospelsangers Louis Bravo en Maartin Conradie sal optree. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees en persone sal ook die geleentheid kry om dierekos en nie-bederfbare kos items in houers vir liefdadigheid te plaas. Skakel 011 740 9565 vir meer inligting.
General
• Brakpan parkrun is open every Saturday at 07:50 at the Brakpan Sports Centre (across from the library). Runners, walkers and volunteers are welcome. It is free, just bring your running tag/barcode. You run, walk or jog at our own pace.
• Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 10:00 by die Just Wheels Motorklub se klubhuis te Kitzingerlaan 169. Belangstellendes kan vir Elsabe Grobler by 082 891 4514 kontak.
• A second-hand clothing sale will take place on Tuesdays and Thursdays from 08:00 to 11:30 at the NG Kerk Brakpan-Oos, corner of Boundary Road and High Street. Good-quality clothing available at discount prices. Call Hester Bosch at 083 307 0649.
If you have an event planned, you can submit it for inclusion in the Happenings column. These include community projects, fêtes, school events, church fundraisers and more.
The events included in this section are done so at the editor’s discretion. The deadline for submission of any entertainment events is 11:00 on Monday. Email details to thelma@caxton.co.za



