Metro sal probleem by Tweedy Park aanspreek
Tweedy Park woonstelblok inwoners kry antwoorde.
Die Brakpan Herald het verlede week berig oor die hysbakke by Tweedy Park se woonstelblok wat net gedeeltelik werk.
Die berig getiteld ‘Inwoners moedeloos gesukkel’, het gerapporteer dat een van die hysbakke heeltemal buite werking is, en die ander gedeeltelik.
‘n Ander probleem wat die inwoners van Tweedy Park ook opgemerk het is die reservoir op die dak wat oorstroom en dan die trapskag en hysbak skag vloed.
Die woordvoerder vir die Stad van Ekurhuleni, Zweli Dlamini, het op ons versoek vir kommentaar die volgende gesê: “Die stad is bewus van die diensonderbreking. Die plan is om eers die watertenk te herstel en dan die hysbak diensonderbreking aan te spreek.”



