Local newsNews

Happenings

Check out these events taking place in Brakpan.

• 22 April
‘n Vlooimark word by Cosy Corner te Zeemanstraat, Brenthurst aangebied. Vars produkte asook vele ander stalletjies. Persone wat stalletjies wil bespreek of goedere uit hul voertuie wil verkoop (car boot sale) kan vir Twanet Venter by 0681279228 kontak.

• 29 April
‘n Boeremark word by die Garden & Pet Centre te Rand Collieriesweg 148 aangebied. Verskeie stalletjies, vermaak asook speelarea vir die kinders. Vir meer inligting skakel 011 740 0700.

• 30 April
Die Just Wheels Motorklub se opedag word by die klubhuis te Kitzingerlaan 168 aangebied. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sal ook op die dag teenwoordig wees vir persone wat bloed wil skenk.

Benewens ‘n groot uistalling van voertuie sal besoekers ook ’n magdom stalletjies kan besoek. Eet- en drinkgoed sal beskikbaar wees. Die toegang is gratis.

• 5 Mei
Die NH Kerk, Brakpan-Oos Gemeente op die hoek van Lappingstraat en Boundaryweg hou ‘n feesmark vanaf 16:00. Heerlike drink- en eetgoed sal te koop wees en musiek sal verskaf word.

Persone kan vooraf etes bestel maar dit is nie ‘n vereiste nie. Daar sal ook ‘n tweedehandse klereverkoping vanaf 14:00 wees. Diegene wat stalletjies wil bespreek of kos bestel kan vir Alta Rudolph by 083 396 7591 kontak.

• 6 Mei
‘n Oggend van musikale verkwikking vind in die Eric Holdtmansaal by die Tweedy Park Kompleks vanaf 11:00 plaas. Die bekende gospel sangers Louis Bravo en Maartin Conradie sal optree.

Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees en persone sal ook die geleentheid kry om dierekos en nie-bederfbare kos items in houers te plaas vir liefdadigheid. Skakel 011 740 9565 vir meer inligting.

• 13 Mei
Die Eri Holdtman Dienssentrum, geleë te Voortrekkerweg bied ‘n Moedersdagete aan om 12:00. Persone wat plek wil bespreek kan vir Dolly Grobbelaar by 011 740 9565 of 078 904 2158 kontak.

• 3 Junie
‘n Familie markdag word by die Eric Holdtman Dienssentrum, te Voortrekkerweg gehou. Die mark sal vele stalletjies bied en vermaak sal ook aangebied word. Toegang is R30 per persoon. Vir meer inligting kontak vir Dolly Grobbelaar by 011 740 9565.

General
• Brakpan parkrun is open every Saturday at 07:50 at the Brakpan Sports Centre (across from the library). Runners, walkers and volunteers are welcome. It is free, just bring your running tag/barcode. You run, walk or jog at our own pace.

• Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 10:00 by die Just Wheels Motorklub se klubhuis te Kitzingerlaan 169. Belangstellendes kan vir Elsabe Grobler by 082 891 4514 kontak.

• A second-hand clothing sale will take place on Tuesdays and Thursdays from 08:00 to 11:30 at the NG Kerk Brakpan-Oos, corner of Boundary Road and High Street. Good-quality clothing available at discount prices. Call Hester Bosch at 083 307 0649.

If you have an event planned, you can submit it for inclusion in the Happenings column. These include community projects, fêtes, school events, church fundraisers and more.

The events included in this section are done so at the editor’s discretion. The deadline for submission of any entertainment events is 11:00 on Monday. Email details to thelma@caxton.co.za



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button