Atleet ryg die medaljes in
Leendert Koekemoer het prestasie na prestasie behaal in die jaar se atletiekseisoen.
Leendert Koekemoer, ‘n Graad 10 leerder aan die Helpmekaar Kollege wat in Dalview woon, het onlangs verskeie medaljes met sy prestasies op die atletiekbaan ingepalm.
Leendert het van 29 April tot 3 Mei aan die CAA African Atletiekbyeenkoms by die Levy Mwanawasa Stadion in Ndola, Zambia, deelgeneem.
Hy het aan die mans o18-items deelgeneem.
Vir die 200m (mans o18) het Leendert ‘n silwer medalje behaal en in die 400m item het hy ‘n brons medalje losgehardloop.
LEES OOK: EGA selects strong team for national champs
Die kranige atleet is ook deel van die SA span wat die silwer medalje verower het in die medley-aflos item.
Vroeër in die jaar het Leendert ook met ‘n tyd van 46.38 sekondes die titel van ASA SA o18 400m kampioen verwerf.
Hierdie prestasie wat op 24 Maart by die Msunduzi Atletiek Stadion in Pietermaritzburg behaal is, plaas hom in die vierde plek wêreldwyd vir o18 400m atlete.
Op die wêreld-ranglys is Leendert ook 12de met die o18 200m item met ‘n tyd van 21.22 sekondes.




