Die Just Wheels Motorklub se opedag, wat Sondag plaasvind, is beslis een om nie mis te loop nie.
Besoekers kan hulself regmaak vir Lorriedag.
‘n Uitstalling van vragmotors sal, benewens die gewone indrukwekkende tentoonstelling van voertuie en motorfietse, iets wees om te aanskou.
Persone wat ooit gewonder het hoe dit klink wanneer ‘n Griffon vliegtuig enjin aangeskakel word sal ook die geleentheid kry om dit te beleef.
ALSO READ: Kuier saam met die Just Wheels Motorklub
Soos ouder gewoonte sal daar ‘n magdom stalletjies wees en die gewilde Ventertjies gaan sorg vir lekker musiek.
Sondag sal daar ook ponieritte vir die kinders wees.
Die prostaatkanker-stigting van Suid-Afrika sal ook ‘n stalletjie hê om inligting met die publiek te deel.
“Ons nooi al ons vriende en die publiek uit om ‘n genotvolle dag saam met ons te kom beleef,” het Bart Zaayman van die Just Wheels Klub gesê.
Die Just Wheels Motorklub is geleë te Kitzingerlaan 69 en die toegang is gratis.




