Local newsNews

Morrie staan uit by Oos-Rand Kunstefees

Die leerder het beslis uitgehaal en gewys.

‘n Laerskool Môrewag leerder, Nitaylé Steinmann, het onlangs met groot welslae in die sangafdeling van die Oos-Rand Kunstefees deelgeneem.

Die kunswedstryd was by Hoërskool Stoffberg gehou waar Nitaylé aan die items Afrikaanse pop, Afrikaanse pop uptempo, Afrikaanse film musiek, Engels musiekteatermusiek en Engelse rock deelgeneem het.

Nitaylé het vier items in haar graad groep gewen, asook vier afdelings onder alle laerskooldeelnemers.

Met haar prestasie is sy gekies as ‘n finalis vir die Oos-Rand gala finaal.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button