Kaskarre woerts om die baan by Die Arend
Die leerders het almal suigstokkies geniet, en elke klas wat die kaskar-wedrenne gewen het het 'n roomys ontvang.
Leerders van Laerskool die Arend het Vrydag aan ‘n kaskardag deelgeneem en hulself gate uit geniet.
Elke klas het kans gekry om beurte te maak om kaskarre om ‘n baan te ry, en die wenners van elke graad het ‘n heerlike roomys ontvang.
Die kaskardag was deel van ‘n baie suksesvolle fondsinsameling-projek, waar leerders lyste ontvang het met lootjies wat gekoop kon word.

Daar was mikpunte gestel vir die skool. As die skool ‘n mikpunt bereik het, het ‘n onderwyser vrywillig aan ‘n uitdaging deelgeneem.
Nadat 250 lyste voltooi is, moes personeel aan ‘n “crazy hair day” deelneem. Op 500 moes die adjunkhoof, Cecil Strydom, in sy slaapklere skool toe kom.
Op 750 lyste moes die hoof, Gideon Lange sy hare afskeer, en toe ‘n duisend lyste ingesamel is het die leerders drie pouses in een dag geniet.
ALSO CHECK: Join forces to end illegal dumping
‘n Totaal van 2 037 lyste is uiteindelik voltooi.
Wenners van die kaskardag was Graad 6.1 wat onder die seniors die meeste lyste ingesamel het, en Graad 2.2 wat onder die juniors die meeste lyste ingesamel het.
Hierdie leerders gaan ‘n heerlike uitstappie na Wi:Jump geniet as hul prys.




