Local newsNews

Laerskool Brakpan-Oos bied puik revue aan

‘n Groot aantal leerders van die skool het aan Kapperjolle 2023 deelgeneem.

Die verhoog van die Laerskool Brakpan-Oos het die afgelope paar aande gewemel van muise, paddas, beertjies, leeus, bokkies, apies, voëls en tiere.

Dié diere, wat eintlik leerders van die skool is, het met oorgawe deelgeneem aan die skool se jaarlikse kapperjolle wat vanjaar die tema van Oosies in die Oerwoud gehad het.

Kleurvolle kostuums, vrolike danspassies en sang het gesorg dat ouers en besoekers aan die skool ‘n onvergeetlike aand beleef het.

Geen moeite is ontsien met die afrigting van die leerders, wat Kapperjolle 2023 tot op hede een van die bestes maak.


ALSO CHECK: Laerskool Brakpan-Oos se nuwe gelukbringer kry naam




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button