Local newsNews

Kind spaar fluks vir nuwe skooltas

Die graad een leerder kan nie wag vir haar nuwe tas nie.

Die dag toe Leahné van Rensburg haar hart op ‘n mooi swart en blou skooltas verloor het, was daar absoluut geen keer aan haar nie.

Daar en dan het sy besluit dat die Elsa-tas wat sy tans gebruik plek moet maak vir ‘n die mooi Cadii skooltas.

Haar ouers, Lee (28) en Xavier (46) van Rensburg van Hastingslaan het haar entoesiasme oor die tas gedeel en haar belowe dat hulle dit aan die einde van die jaar sal koop, indien sy skouer aan die wiel sit met haar skoolwerk vir die res van die jaar.


Leahné van Rensburg is gereed om haar muntstukke te laat inruil vir note sodat sy dit kan bydra tot die skooltas wat sy graag wil hê.

“Leahné het besluit dat sy nie so lank gaan wag nie en ons meegedeel dat sy self gaan spaar vir haar tas,” het Lee vertel.

“Wanneer sy takies in die huis verrig het, het ons haar betaal. Sy het elke geleentheid aangegryp om ‘n geldjie in die hande te kry en die afgelope drie maande het sy R570 gespaar,” het Lee vertel.

Die flukse kind wou ook nie papiergeld gehad het nie, haar ouers moes haar met muntstukke betaal. Dié munte is in haar spesiale spaarblikkie, wat soos ‘n kluis lyk, gegooi.


LEES OOK: Laerskool Brakpan-Oos bied puik revue aan


“Ons gaan nou die geld vir haar inruil en aan die einde van die maand gaan ons geld bysit om haar droomtas vir haar te koop,” het Lee vertel.

“Dit is vir ons goed dat sy besluit het om self aksie te neem en vir haar tas te spaar. Dit leer vir haar verantwoordelikheid.”

‘n Opgewonde Leahné het gesê sy kan nie wag nie om haar mooi blou en swart Cadii tas te pak en skool toe te neem.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button