Local newsNews

Fikse ma (40) palm titel in

Belinda se belangstelling in fiksheid begin het gedurende die Covid-pandemie.

Belinda Munro, ‘n 40-jarige ma van twee tiener dogters het onlangs aan die Opulent Model SA 2023 kompetisie deelgeneem waar sy die wenner in die ‘fitness physique’ afdeling was.

Dié fikse inwoner van Brenthurst het al in verskeie kompetisies welslae behaal as ’n ‘fitness physique’ model.

Sy vertel haar belangstelling in fiksheid het gedurende die Covid-pandemie begin.

“Ek het geleer wanneer dit kom by die bereiking van jou gesondheids- en fiksheid doelwitte, is die geheim om in ooreenstemming te wees met die positiewe veranderinge wat jy aan jou lewenstyl maak,” vertel Belinda.

“Dit gaan alles oor balans. Jy kan ‘n sosiale lewe hê en fiks en gesond wees.”


Fiksheid is vir Belinda Munro ‘n leefwyse.

Sy oefen vyf dae per week elke aand vir ‘n uur en ‘n half en volg ‘n gesonde eetplan.

“My gym sessies is maar my stokperdjie want ek hou baie daarvan om te oefen. Dit is egter ook vir my belangrik om tyd saam my vriende en familie te deur te bring.”

Belinda is getroud met Danie, wat haar saam met hulle twee dogters Juan-Marie (19) en Danielle (15) ten volle ondersteun.

Danielle het juis oo in die ‘fresh face’ kategorie van die Opulent Model SA Show deelgeneem.

Belinda het groot lof vir haar afrigter, Lauren-lee Porter wat haar tot dusver bygestaan het.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button